Nuus / Nóg ’n restaurant in Brits beroof

Die polisie in Noordwes is op soek na drie verdagtes nadat nog ’n restaurant in Brits beroof is.

Die voormalige bokskampioen Corrie Saunders is vandag begrawe nadat hy op 22 September tydens ’n gewapende rooftog by ’n ander restaurant in die dorp geskiet is. Hy is ure later dood.

Die Spur in die Magaliessentrum in die dorp het vanoggend omstreeks 08:30 deurgeloop.

Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die provinsie, het drie mans by die restaurant opgedaag. Een het buite gewag, een het by die deur gewag en die derde een het ingegaan. Hy het vir een van die werkers gesê hy wil met die bestuurder praat. ’n Vloerbestuurder het hom na die eienaar se kantoor geneem. Die verdagte het glo ’n vuurwapen op die eienaar gerig en gesê hy soek sy vuurwapen en hy moet hom na die kluis neem. Die eienaar het nie ’n vuurwapen gehad. Hy het die verdagte na die kluis geneem waar hy al die geld aan die verdagte moes oorhandig.

Die drie verdagtes, wat almal pette gedra het, het in ’n silwerkleurige Audi A4 weggejaag.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en die verdagtes is steeds op vrye voet. Die polisie ondersoek ’n klag van sakeroof.

Drie Zimbabwiërs wat Donderdag in Oukasie, die informele nedersetting by Brits, in hegtenis geneem is in verband met Sanders se dood, het vanoggend in die landdroshof in die dorp verskyn.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-05-23
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 23° icon
BLOEM 3° - 24° icon
DBN 14° - 27° icon
PE 12° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs